Sterkspruit
DIE STOOR | 09:00 | ELKE TWEEDE SONDAG

Wye Welkom.
Invloed Kerk Sterkspruit is ‘n Sateliet-kampus van Invloed Kerk. Eien aan die gemeenskap sal jy ‘n wye welkom hier beleef. Hier kan jy God beleef in jou taal en op ‘n eenvoudige en verstaanbare manier. Almal is welkom.
Eredienste.
PLEK EN TYD
Ons eredienste vind elke tweede Sondag plaas by Die Stoor, Sterkspruit, om 9:00. Ons diens duur 75min.
FASiliteit
Volg die Sterkspruit bord vanaf die N4. Daarna sal jy duidelike Invloed Kerk borde volg tot by Die Stoor.
Kleredrag
Ons enigste voorwaarde rakende kleredrag is dat jy wel klere dra. Meeste mense trek semi-formeel aan, maar enige bedagsame kleredrag is welkom.
KINDERS
Invloed Kids is ons kinderbediening wat plaas vind tydens ons eredienste vir 3 – 13 jariges.
Daar is ‘n spesiale spasie vir ouers met babas en kinders onder 3 jaar in die ouditorium.
KUIER
Almal is welkom om voor en na die dienstyd saam te kom kuier oor ‘n gratis koppie koffie, tee of ietsie koud.
Styl
Ons byeenkomste het ‘n warm, gemaklike en opregte gevoel. Dienste is in Afrikaans. Ons preke is Bybelgebaseer, prakties en opbouend. Ons aanbid met ou-, nuwe- en unieke liedjies.
Beleef ons dienste.
Die beste manier om uit te vind hoe iets is, is om dit self te beleef. Hier is n paar preke wat jou dalk kan bemoedig, terwyl jy wag vir Sondag om te kom besoek.


Laat weet ons...
Indien jy besluit om te kom besoek, sal dit vir ons lekker wees om te weet van jou en jou welkom en gemaklik te laat voel. Los gerus jou naam en besonderhede hieronder.

