Beleef Behoort Beïnvloed.
Ons skep veilige spasies waarin jy God kan beleef, voel jy behoort
en jou wêreld kan beïnvloed.
Kerk voel in vandag se tyd baie keer nie meer veilig nie. Soveel mense is skepties oor Christenskap en die kerk, nie omdat hulle God betwyfel nie, maar eerder die kerk. Ons is die perfekte kerk vir onperfekte mense. Is jy ‘n sondaar? Sukkel jy om naby aan God te kom? Stoei jy om konsepte van geloof te begryp? Jy sal dan maklik by ons die Here kan beleef. Ons het genoeg liefde om jou te kan help in jou reis met God.
Visie.
VERLORENES
Daar is +- 20 000 Afrikaanssprekende mense in Nelspruit wat nie ‘n geestelike tuiste het nie. God roep ons om ‘n geestelike tuiste vir baie van hulle te wees.
VADERS
Wanneer ‘n vader draai na God is daar ‘n generasionele impak op die gesin. Vaders bepaal die kultuur van die huis. 40-jarige mans se portuur, verteenwoordig die geestelike en kulturele uitdagings van ons tyd en waar ons moet bedien.
VOLK
God roep ons om die Afrikaanssprekende gemeenskap te bereik. Ons bid om ‘n multikulturele, Afrikaanssprekende kerk te wees wat die volgende generasies sal oprig in hulle geloof.
FASILITEIT
Ons droom van ‘n plek waar die hele Nelspruit kan kom en gemeenskap beleef. ’n Plek waar daar ‘n kerk is, ontspanningsgeriewe om te braai, vis te vang en ’n lekker tyd saam as gesin te hê. Staproetes en fietsrybane. ‘n Skool. Dokters wat pro-bono werk kan doen vir behoeftiges in die kerk. Opleidingsentrum vir behoeftiges, ens.
Missie.
EEN OP ‘N SLAG
Vreemdeling na Volgeling
Jesus het Sy visie vervul, nie deur skares op te sweep of groot groepe bymekaar te trek nie, maar deur een persoon op ‘n slag aan te raak. Mense groei van vreemdeling na vriend na familie na volgeling. Elke lidmaat word aangemoedig om ‘n “een” te hê waarmee jy ‘n pad stap om hulle nader aan God te bring. Wie is jou een?
DIENSTE
Elke Sondag is iemand se Eerste Sondag
Ons dienste is die voordeur van ons kerk. Ons maak dit maklik vir buitestanders om Jesus te beleef tydens ons dienste. Sonder om die Woord of aanbidding te kompromeer, wil ons mense wat vêr van God af is verwelkom in Sy koninkryk. Die uitnemedheid van ons dienste is ook ons eer aan God.
FAMILIE
Kerk beteken Familie wat saam beweeg
Die handelinge-kerk het mekaar gesien en hanteer soos familie. Ons kan nie alles doen vir almal nie, maar ons kan doen wat ons kan vir een. Ons MEKAAR mekaar. Mense ken ons liefde vir God, deur ons liefde vir mekaar. Ons het klomp spasies waar familie beleef en bevorder kan word.

