Almal is ewe welkom.

CURRO NELSPRUIT   |   08:30   |   SONDAE

Nuwe Besoekers.

Dankie dat jy oorweeg om ‘n besoek by ons te kom aflê. Voor jou besoek, is daar ook meer om te sien en lees op ons webtuiste wat jou dalk kan help om ‘n duideliker prentjie te sien van wie en wat Invloed Kerk is. Hier is ‘n kort boodskap van ons gemeenteleier om jou te verwelkom.

Eredienste.

PLEK EN TYD

Ons dienste vind elke Sondagoggend plaas om 8:30 by Curro Nelspruit. Ons eredienste is 75min lank.

FASiliteit

Kyk vir borde soos jy inry by Curro. Hulle dui parkering aan en waarheen om te gaan. Ons vrywilligers staan ook reg om te help.

Kleredrag

Ons enigste voorwaarde rakende kleredrag is dat jy wel klere dra. Meeste mense trek semi-formeel aan, maar enige gepasde kleredrag is welkom.

KINDERS

Daar is ‘n spesiale spasie vir ouers met babas, ouers met kinders onder 3jr en ouer kinders by ons dienste. Invloed Kids is ons kinderbediening wat plaas vind tydens ons eredienste.

TIENERS

Daar is ook ‘n spesiale diens vir die hoërskoolleerlinge tydens ons erediens. Ons tienerbediening word MERK genoem.

KUIER

Almal is welkom om voor en na die dienstyd saam te kom kuier oor ‘n gratis koppie koffie.

Styl

Ons byeenkomste het n warm, gemaklike en opregte gevoel. Ons preke is Bybelgebaseer, prakties en opbouend. Ons aanbid met ou-, nuwe- en unieke liedjies.

Beleef ons dienste.

Die beste manier om uit te vind hoe iets is, is om dit self te beleef. Hier is n paar preke wat jou dalk kan bemoedig, terwyl jy wag vir Sondag om te kom besoek.

Laat weet ons...

Indien jy besluit om te kom besoek, sal dit vir ons lekker wees om te weet van jou en jou welkom en gemaklik te laat voel. Los gerus jou naam en besonderhede hieronder.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google