Geloof en jou gesin.

ONS VERSTERK OUERS IN HUL TAAK OM KINDERS SE GELOOF TE LAAT GROEI.

Volgende Generasie

INVLOED KIDS (3-13)
MERK (tieners)
Kind se volgende tree

Kerk vir Kinders.

Vir gesinne om die regte kerk te vind, is een van die belangrikste aspekte ‘n plek waar hul kinders geloof veilig kan verken én dit geniet. By Invloed Kids bedien ons met die vreugde van Jesus en maak God se Woord opwindend en prakties. Hier kan kinders kerk geniet saam met ou vriende en nuwes maak.

Ons maak dit lekker en relevant om oor God te leer. Elke week neem jou kind deel aan interessante, ouderdomsgepaste Bybellesse wat help om hul geloof op te bou. Ons het nie kindertoesig nie, maar eerder ‘n volwaardige kinderkerk.

Elke kind se veiligheid is ons prioriteit, daarom hou ons streng by maatreëls wat dit verseker. Ons gebruik ook ‘n inboek- en afhaalstelsel. Hierdeur kan ons ook kontak maak met jou as ouer gedurende die diens, sou ‘n krisis met jou kind dit noodsaak.

Invloed Kids kweek ‘n sterk gemeenskap en die gevoel van ‘ek behoort’ vir ons kinders.

Inteken

Jy en jou kind sal dieselfde nommerkaartjie kry vir veiligheidsdoeleindes.

Geniet die Diens

Jy as ouer kan geestelik opgebou word terwyl jou kind dieselfde ervaar op hul vlak.

Afhaal

Wys jou nommerkaartjie vir by die afhaal met jou kind by Invloed Kids.

Sondae-
Groepe.

Elke Sondag is die tieners deel van die volwassenes se aanbidding. Daarna beweeg hulle uit na ‘n spesiaal geallokeerde sitkamer-lokaal, waar tieners in ‘n gemaklike spasie die Here ervaar.

Weeks-
Groepe.

Ons skep spasies waar tieners deur die week ook bymekaar kom. Hierdie geleenthede variëer in styl en plek. Soms is dit ‘n volwaardige diens en soms is dit ‘n aanlyn chat.

Dissipel-
Groepe.

Vir ons 17-18 jarige tieners stap ons ‘n intensionele, eksklusiewe, jaarlange pad. Gedurende hierdie jaar, leer ons hulle oor die fondasie van geloof en hoe dit prakties lyk in vandag se tyd.

Volgende Tree.

Inseëning.

DOOP OF inseëning

Sodra kinders op ‘n plek kom waar hulle uit hulle eie besef en besluit om hulle geloof in Jesus te sit, sal ons hulle doop. Voor kinders daar kom, seën ons hulle.

JESUS MET KINDERS

In Markus 10:16 lees ons hoe Jesus toewydingsoomblik skep ekslusief vir kinders. Hy het hul nie gedoop nie, maar geseën.

OUERS

Kinder-Inseëning is tweeledig. Wanneer jy jou kind aan God wy, is daar ‘n geestelike anker wat vas slaan in jou kind. Daar is ook ‘n verantwoordelikheid tot hul kind en afhanklikheid van God wat die ouers voor almal bely.

ONTHOU

Dit is belangrik dat elke ouer die dag van hul kinders se inseëning herdenk deur elke jaar weer op die dag vir hulle te bid en te seën.

REGISTREER OP HUB

Doop.

WIE KWALIFISEER

God ontmoet en werk in kinders sodat hulle ook hul lewens in vertroue aan Hom toewy. Enigeen wat glo met hulle hart en bely met hulle mond dat Jesus gesterf en opgestaan het [en natuurlik die betekenis daarvan verstaan] kan gedoop word.

OUDERDOM

Studies wys dat kinders van ongeveer 8 jaar oud af, hierdie bekeringsbesef volwaardig kan verstaan en kies.

WAAR

Meeste van die keer doop ons by Curro se swembad na afloop van die diens. Ander kere doop ons by ‘n ander gereëlde plek.

JOU GETUIENIS

Dit is van elke kind se eie belang dat hy/sy hul getuienis deel met ander rakende die oploop en die dag van die doop.

REGISTREER OP HUB

Raak Betrokke.

Daar is verskeie plekke vir ouers, kinders en tieners om ‘n onmiddelike verskil te maak by Invloed Kerk se byeenkomstes.

Maak 'n verskil
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google