Maak 'n verskil.

SAAM KAN GOD ONS GEBRUIK OM DIE HEMEL VOLLER TE MAAK.

Bydraes
Dien Saam
SKENKINGS

Bydraes & Tiendes.

God het ‘n blymoedige gewer lief. Dankie vir jou gehoorsaamheid en vrygewigheid. Dit is ‘n voorreg om te weet dat God alles aan ons voorsien. Die minste wat ons kan doen is om Hom te dien deur ‘n gedeelte van Sy voorsiening toe te wy aan Sy kerk. Dankie vir elkeen wat gee.


BANK BESONDERHDE

Invloed Kerk NPC
First National Bank
Cheque Rekening

Rekening: 62822750544
Tak: 250655

ELEKTRONIES MET KAART

Dien God se mense saam.

Ons is nie gemaak om net van kerk te hou nie, maar om die kerk te bou.  God het elke gelowige toegerus om Sy koninkryk te versterk. Alleen gaan ons vinniger, maar saam gaan ons verder. Dit is vir God belangrik om die gelowiges op te bou en te bedien. Vind jou plek by Invloed Kerk sodat ander God kan beleef.

Aanbidding (koor)

Ons koor sing sekere Sondae van die maand.

Aanbidding (musiek)

Is jy passievol oor aanbidding, sing en musiek? Word dan vandag deel.

AANBIDDING (OPSLAAN)

Die span bedien die aanbiddingspan deur al die instrumente en tegniese benodighede op te slaan.

GEBEDSPAN

Ons het mense wat ander bedien deur gebed op Sondae en gedurende die week.

INVLOED KIDS

Hierdie is die bediening wat al die kinders in ons gemeente nader aan Jesus kry.

Ingroepe | Kleingroep

Raak deel van ‘n kleingroep gelowiges waarmee jy saam geestelik kan groei.

Kollekte

Díe mense help met die opneem van die kollekte.

LEIERSKAP

Daar is verskeie plekke waar ons leiers nodig het. Van kleingroepleiers, bedieningsleiers en selfs mense wat hou van sosialiseer en leiding kan bied rakende die relevante geleenthede.

Mentorskap

Mense wat ‘n persoonlik pad stap met verskeie groepering mense. Mentors vir jong getroudes, mentors vir mense met trauma, mentors vir tieners, ens.

MERK | Tieners

Merk is ons tienerbediening. Tieners kom weekliksbymekaar en jy kan hier tussen hulle ‘n verskil maak.

Omgee | Uitreike

Omgee is ons uitreik bediening. Hier help ons die nood in ons gemeenskap.

Proeflees

Die span help om ons taal suiwer te hou.

Tegnies - Klank & Ligte

Bedien in die klankboks deur die klank te meng of die ligte te bestuur.

Tegnies - Media

Bedien deur die media op Sondae vir ons te hanteer.

Tegnies - Foto- & Videografie

Neem fotos of videos van verskeie areas van ons byeenkomstes.

Tegnies - Sosiale Media

Bedien die kerk deur ons sosiale media modern en aanloklik te hou.

Verwelkomingspan - Gasvryheid

Die verwelkomingspan is ons gasvryheidspan wat alles opslaan en bêre na die diens.

Vrouebediening | Skyn

Elke maand of so kom die vroue bymekaar en geniet ‘n oggend waar hulle mekaar bemoedig. Raak deel van die vrywilligers wat hierdie bediening gereed kry vir die diens.

ANDER...

Het jy ‘n spesifieke talent of idee wat jy ons kerk mee kan bedien? Praat gerus met ons en hoe ons kan saam werk. Kontak Ons

Skakel In

Skenkings.

Daar is altyd ‘n siel om te red. Die beste manier om mense se harte aan te raak, is om hulle nood te verlig. Van kos tot banke, daar is altyd ‘n persoon of gesin wat ons kan seën. Maak kontak met die kerkkantoor om skenkings te maak. Dankie vir jou omgeehart.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from - Youtube
Vimeo
Consent to display content from - Vimeo
Google Maps
Consent to display content from - Google