Liefde Wen.
Voor ons by ons geloofsoortuigings kom, is dit van groot belang om te noem dat Jesus eenvoud bring. In Jesus se tyd op aarde, was daar 613 wettiese voorvereistes waaraan jy moes voldoen om in ‘n verhouding met God te staan. Jesus het daardie 613 in 2 volbring; liefde vir God en liefde vir mense. Ons staan vas op ons geloofsoortuigings. nie om beterwetend te wees of debatte uit te lok nie, maar eerder om die wêreld lief te hê soos God doen. Alle wette is vervul is die opdrag van liefde. Dit is hoekom liefde wen.

Geloofsbeleid.
DRIE EENHEID
God het nog altyd in ‘n verhouding met Homself gestaan. Hy bestaan as drie wesens; God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Alhoewel al drie verskillende funksies verrig word, dit in ‘n intieme en onbreekbare eenheid gedoen.
– Jesaja 61:1
– Matteus 28:19
– Markus 1:9-11
– Johannes 5:21-23
– Romeine 8:9-11
– 1 Korintiërs 8:6
– 2 Korintiërs 13:14
DIE VADER
God is goed. Hy is almagtig, alwetend, alomteenwoordig, onveranderlik, ten volle waardig van ons vertroue en bo alles Heilig. Dit is in Hom wat ons behoort, beweeg en bestaan. Hy is ons getroue Vader vol genade en deernis.
– Psalm 103:13
– Matteus 6:6
– Matteus 6:26
– Johannes 14:2
– Romeine 8:31-34
– Filippense 4:20
– Jakobus 1:17
– 1 Johannes 3:1
DIe SEun
Jesus Christus is ten volle mens, maar terselfdetyd ten volle God. Hy is die enigste manier hoe mense vêr van God in ‘n perfekte verhouding met Hom kan tree. I.a.w. Jesus is die enigste manier om gered te word. Jesus het ‘n perfekte lewe gelei as mens, sodat Hy die perfekte offer kon wees om ons sondeskuld te betaal. In Jesus se dood en opstanding het Hy sonde en dood oorwin. Dit bring nuwe hoop, ewige lewe en reddende oorwinning vir elkeen wat in Hom glo.
– Jesaja 7:14 & 53
– Evangelie van Matteus
– Evangelie van Markus
– Evangelie van Lukas
– Evangelie van Johannes
– Fillipense 2:5-11
DIE HEILIGE GEES
Die Heilige Gees se teenwoordigheid bevestig ons verhouding met Christus. Hy lei elke gelowige in alle waarheid, troos God se kinders, is die Raadgewer, verheerlik Christus, oortuig mense van hul sonde, Hy konfronteer ons, gee ons geestelike gawes en maak ons meer soos Christus. Ons ontvang die Heilige Gees met wedergeboorte.
– Genesis 1:2
– Psalm 51:10-14
– Lukas 11:13
– Johannes 15:26
– Romeine 8
– Handelinge 1:8 & 2:1-4
– 1 Korintiërs 12-14
DIE KERK
Die kerk is die plaaslike gemeenskap van gedoopte gelowiges vereenig deur hulle geloof in Jesus. Die kerk is toegewyd aan die lering van Jesus en gehoorsaam al Sy opdragte. Die kerk is die hoop vir die wêreld en bring die hoop deur die Evangelie te leer en leef. Die kerk is die mees diverse eenheid en dit hou die rekord van die langste beweging van alle tye.
– Matteus 16:18-19
– Handelinge 2:41-47
– 1 Korintiërs 12
– Handelinge 2:41-47
– Efesiërs 1:22-23
– Openbaring 21:2-3
DIE BYBEL
Die Bybel is God se Woord aan alle mense. Dit is geskryf deur mense onder die bonatuurlike leiding van die Heilige Gees. Dit is geïnspireer deur God, daarom is die Bybel vol absolute waarheid relevant tot ons daaglikse lewe.
– Deuteronomium 4:1
– Psalm 119
– Matteus 22:29
– Romeine 15:4
– 1 Timoteus 3:15-17
– 1 Petrus 1:25
– 2 Petrus 3:16
REDDING & DOOP
Die bloed van Jesus, gegee aan die kruis, is die enigste weg na vergifnis van sonde. Redding gebeur wanneer mense hulle geloof in Jeus plaas en glo dat Sy dood en opstanding die voldoende betaling vir hulle sonde is. Die doop onder die water is die fisiese belydenis van innerlike belewenis. Die Redding is gratis en niemand kan dit verdien deur hulle eie pogings nie.
– Jesaja 1:18
– Matteus 28:16-20
– Handelinge 16:31-34
– Romeine 1:16-17
– 1 Korintiërs 1:18
– Galasiërs 2:20-21
– Efesiërs 2:8-10
DIE EWIGE LEWE
Die mensdom is gemaak om vir ewig te lewe. Op grond van elkeen se geloof in Jesus (of ontkenning van Hom), sal ons die ewige lewe óf saam met God óf totaal verwyder van Hom, spandeer. Om vir ewig verwyderd te wees van God is Hel. Om saam met Hom in ewigheid te wees is Hemel. Daarom is hemel en hel die enigste twee ewigheidsbestemmings.
– Johannes 3:16
– Johannes 3:36
– Romeine 6:23
– 2 Korintiërs 5:10
– 1 Johannes 2:25
– 1 Johannes 5:11-12
– Openbaring 20:15
DIE MENS
Die mens is gemaak in die beeld van God en is die kroon van Sy skepping. Mens was gemaak om gemeenskap met God te geniet, maar sonde het veroorsaak dat mens van God geskei is. Die ressultaat hiervan, is dat mens nie ‘n verhouding met God kan beleef soos voorheen op grond van eie meriete nie, dit is net Jesus wat dit kan bewerkstellig. Elke persoon is uniek geskape en is ook geroep tot ‘n unieke taak in die Koninkryk van God. Elke persoon, gelowig of nie, is waardig om opreg lief gehê te word, omdat Christus almal tot die dood toe liefgehad het.
– Genesis 1:26-30
– Psalm 8:3-6
– Romeine 1:19-32
– Romeine 15:4
– Efesiërs 2
– Kolossense 1:21-22
– Kolossense 3:9-11

