Dien God se mense saam.
Ons is nie gemaak om net van kerk te hou nie, maar om die kerk te bou. God het elke gelowige toegerus om Sy koninkryk te versterk. Alleen gaan ons vinniger, maar saam gaan ons verder. Dit is vir God belangrik om die gelowiges op te bou en te bedien. Vind jou plek by Invloed Kerk sodat ander God kan beleef.
Aanbidding (koor)
Ons koor sing sekere Sondae van die maand.
Aanbidding (musiek)
Is jy passievol oor aanbidding, sing en musiek? Word dan vandag deel.
AANBIDDING (OPSLAAN)
Die span bedien die aanbiddingspan deur al die instrumente en tegniese benodighede op te slaan.
GEBEDSPAN
Ons het mense wat ander bedien deur gebed op Sondae en gedurende die week.
INVLOED KIDS
Hierdie is die bediening wat al die kinders in ons gemeente nader aan Jesus kry.
Ingroepe | Kleingroep
Raak deel van ‘n kleingroep gelowiges waarmee jy saam geestelik kan groei.
Kollekte
Díe mense help met die opneem van die kollekte.
LEIERSKAP
Daar is verskeie plekke waar ons leiers nodig het. Van kleingroepleiers, bedieningsleiers en selfs mense wat hou van sosialiseer en leiding kan bied rakende die relevante geleenthede.
Mentorskap
Mense wat ‘n persoonlik pad stap met verskeie groepering mense. Mentors vir jong getroudes, mentors vir mense met trauma, mentors vir tieners, ens.
MERK | Tieners
Merk is ons tienerbediening. Tieners kom weekliksbymekaar en jy kan hier tussen hulle ‘n verskil maak.
Omgee | Uitreike
Omgee is ons uitreik bediening. Hier help ons die nood in ons gemeenskap.
Proeflees
Die span help om ons taal suiwer te hou.
Tegnies - Klank & Ligte
Bedien in die klankboks deur die klank te meng of die ligte te bestuur.
Tegnies - Media
Bedien deur die media op Sondae vir ons te hanteer.
Tegnies - Foto- & Videografie
Neem fotos of videos van verskeie areas van ons byeenkomstes.
Tegnies - Sosiale Media
Bedien die kerk deur ons sosiale media modern en aanloklik te hou.
Verwelkomingspan - Gasvryheid
Die verwelkomingspan is ons gasvryheidspan wat alles opslaan en bêre na die diens.
Vrouebediening | Skyn
Elke maand of so kom die vroue bymekaar en geniet ‘n oggend waar hulle mekaar bemoedig. Raak deel van die vrywilligers wat hierdie bediening gereed kry vir die diens.
ANDER...
Het jy ‘n spesifieke talent of idee wat jy ons kerk mee kan bedien? Praat gerus met ons en hoe ons kan saam werk. Kontak Ons
Skenkings.
Daar is altyd ‘n siel om te red. Die beste manier om mense se harte aan te raak, is om hulle nood te verlig. Van kos tot banke, daar is altyd ‘n persoon of gesin wat ons kan seën. Maak kontak met die kerkkantoor om skenkings te maak. Dankie vir jou omgeehart.



